![]() |
![]() |
|
|
|
ZAMBIA - LIUWA PLAINS25 October to 8 November 2008 |
ZAMBIË - LIUWA VLAKTES25 Oktober tot 8 November 2008 |
|
|
Adventure, breathtaking views and great company. You cannot ask for more. |
||
Dag 1Die toergroep gaan die grenspos te Martins drift deur en slaap by ‘n kamp net binne Botswana op die walle van die Limpoporivier. Dag 2Ons volgende kamp is by Nata. ‘n Pragtige kamp wat al ‘n voorsmakie van die bosgevoel gee. Diegene wat vroeg genoeg wegspring, kan na die Nata panne gaan om veral die watervoëls te beleef. Dag 3Die magtige Zambezi-rivier gaan vir die volgende paar dae saam met ons kronkel totdat ons sy vloedvlaktes oftewel, Barotseland bereik. Ons eerste kennismaking met die rivier is naby Katima Mulilo waar ons kamp opslaan. Dag 4Skielik moet die voertuie begin om sand te proe en die bestuurders skakel oor na 4x4 en beur langs die Zambesi rivier af tot net duskant die Sioma valle. Ons oornag weer langs Zambesi. Dag 5Op dag 5 en 6 ry ons deur die wildernis met ‘n moeilike sandroete tot ons weer oornag iewers langs die pad. Dag 6Ons ry deur die laaste deel van die Barotse vloedvlaktes tot by Kalabo. Hier is daar ‘n basiskamp waar ons die nag kan oorslaap en warm storte geniet. Dag 7 tot 9Ons vertek vanaf Kalabo met `n lokale gids en neem die voertuie oor die rivier met `n enkelpont op pad na Liuwa. Hiervandaan is die natuur oop met grasvlaktes so ver as die oog kan sien. By die menige waterpanne is daar voëls wat die kiekeurige voëlkenners lank sal besig hou. Dag 10Terug na ons basiskamp waar (diegene wat nie “luukse veldstorte” na die vlaktes saamgeneem het nie), weer `n warm stort en koue bier kan geniet. Dag 11 en 12Die pad terug na ons kamp langs die Zambesi. Op die terugtog ry ons via Mongu na Sernanga waar ons ‘n pont oor die rivier moet neem. Ons kuier nog ‘n dag langs die pragtige rivier en die manne en avontuurlustige dames spook met ‘n tiervis aan die lyn! Dag 13Na ontbyt vertrek ons na Kasane en slaap by ‘n kamp by Chobe Lodge. (Net buite die Chobe Reservaat). Diegene wat moeg is vir kamp, kan ‘n bed in a chalet bespreek –eie koste) Terwyl jy by die Chobe-rivier is, is daar so baie om te doen. Diegene wat hul toer wil verleng, kan dit gerus doen. Ons kostes sluit ‘n bootvaart op die Chobe in en jy sal waarskynlik kan sien hoe die olifante die rivier kruis met hul slurpe in die lug. Dag 14Die ekspedisie word hier amptelik afgesluit. Indien jy nog lus het om ‘n paar dae in hierdie omgewing te spandeer, kan jy die vlg oorweeg:
Indien u saam met die toer terugkeer, kamp ons net noord van Francistown waar ons die laaste aand afsluit met ‘n lekker ete in ‘n wonderlike hotel. Dag 16Terug na “Ons Afrika”, arriveer ongeveer 16h00 te Pretoria. |
|
|
CostsPlease enquire about our tariffs for this expedition. Included:
Excluded:
Bookings & Enquiries
| ||
| © Copyright 2008 Africa Unexplored 4x4 CC, All Rights Reserved |